Ek is Charline Hewett (de Kock), vierde
dogter van Charles en Hester de Kock van Kom Nader (6 kinders). Ek was
die naweek op 'n stunning troue in Franschoek van Yolandie van Niekerk, dogter
van Attie en Ela van Niekerk, nou getroud met Craig Metrowitz. Ela was
Piet en Johanna Smit se dogter. Sjoe, so kan ons aangaan en familie uitlê, lekker
né. Dit is sonder om politiek te praat!
Natuurlik op die troue was daar baie bekendes.
Oulike mense, almal VanWyksvleiers. Die ene Ais Eastern, Floors en
Aletta se vierde kind, vertel my toe van die wonderlike kommunikasie op die
internet. Ai, die nostalgie het my in ‘n ystergreep. Sien net al
die jong mense wat briewe skryf. So ek krap 'n gaatjie vir my generasie
klomp, maar sien darem ook daar vir Ansie Burger en Winston Alston.
Ek is ook nie op Facebook nie, te tyd rowend. Ek
woon al dertig jaar in Seepunt, het een seun, William Hewett. Hy gee klas
in Denemarke en doen “chaos piloting” in Colombia ,
Bogota .
Wil nie sê totsiens nie, maar sien julle weer op
hierdie lekker kommunikasie blad.
Liefde groete
Charline Hewett
No comments:
Post a Comment