Ek het geloseer eers ant Mieta, wat
'n halfsuster van Ma was. Daarna by die Jovners.Ek en Bennie was in dieselfde
klas. Toe was daar 'n tyd wat ek die
Joostes ( net agter die Alstons se winkel) saam met Kobus Smit, Frans en Jakop
Jooste en natuurlik die Jooste kinders gebly het.
Toe het die noodlot ingegryp en ouma
Visser het beroerte gekry en Ma het haar toe op die dorp kom oppas. Dis hier
waar ant Ellie by ons kom bly het as Ouma se verpleegster. Na Ouma se dood is
sy uit ons huis met oom Gielie Visser getroud. Neef Gerhard Visser en sy suster
Annette het by ons geloseer.
Genoeg van die verlede. Ek en
Marlene, my anderhelfte, van amper 44 jaar, bly op Rocky Glen, 'n plaas in die
Dordrecht-distrik. Ek was 18 jaar lank die skoolhoof hier.Ons het twee kinders,
Sisteen en Francois. Sy is 'n boedelkosultant in Stellenbosch by PWC en is
getroud met Freek Geyser. Hulle het een seun Martiens.Francois is 'n bourekenaar
en hulle woon in Oos Londen.Hulle het twee seuns Schalk en Bruwer.
Broer Johannes is al oorlede en dit
is nog net ek en broer Francois. Hy woon in Faerieglen, Pretoria. Hy kan self sy storie skrywe.
Dit lyk my dat na ons tyd of daar meer vir die kinders
gedoen is om hulle aan die groter wêreld bekend te stel.
Die Burgerstrandhuis besoeke was ons nie beskore nie. Dit glo ek, was miskien te
danke aan jonger personeel met vernuwende denke.
Ek sal graag met al die ou vriende
E-posadresse wil uitruil en gesels. Dis nou diegene wat wil.
No comments:
Post a Comment